Ter bevordering van hoër onderwys in en deur middel van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch – sedert 1915.
Let asseblief daarop
U is tans op die webblad van Het Jan Marais Fonds, wat van Het Jan Marais Nationale Fonds onderskei moet word op grond van die voorwaardes gestel in die testament van die weldoener Jan(nie) Marais.
- Hierdie trust het geen verwantskap met Het Jan Marais Nationale Fonds nie.
- Dit word deur ander trustees bestuur.
- Die trust word ook nie deur die Universiteit Stellenbosch bestuur of geadministreer nie.
Die trust is by SAID geregistreer as openbare weldaadsorganisasie, volgens artikel 30 van die Inkomstebelastingwet van 1962, met nommer 930085957.
Die aansoeksiklus
Die presiese datums word jaarliks verskaf.
Die bemaking
Waarvoor die Fonds aangewend word
Ingevolge die testament van Jan H. Marais word die Fonds aangewend vir:
- die betaling van volle of gedeeltelike salarisse van dosente;
- beurse en geldelike hulp aan studente, op sodanige wyse dat die hoofdoelstelling ten beste uitgevoer word;
- die aankoop van boeke;
- die aanbied van wetenskaplike lesings ter bevordering van Afrikaans se nasionale belang;
- sodanige of ander manier(e) wat na die trustees se mening die doeleindes van dié bemaking die beste bevorder.
„Jan die Gewer”
Johannes Henoch (Jannie) Marais (1851–1915) was ’n diamantmagnaat, parlementslid en een van die grootste filantrope in Suid-Afrika. Sy testamentêre bemaking van £100 000 het die stigting van die Universiteit Stellenbosch moontlik gemaak.
Gereed om aansoek te doen?